Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
Skielik besef ons: Die Koninkryk van God werk anders, en dit is vir ons gekondisioneerde manier van dink, kyk en leef moeilik om hierdie verkeerd-om lewe te verstaan, te vertrou en te leef. Kom kry Sondag saam met ons helderheid oor die onbegryplike.
“God se koninkryk is soos suurdeeg…hierdie middel wat meel aktiveer om brood te kan word. God se droom is soos suurdeeg, hierdie proses waardeur...
"Ons verlang meeste vir die tyd vir vrede vir onsself, en ons doen alles in ons vermoe om dit te soek. Maar as die...
Vergeet van “Hulle weet nie wat ons weet nie” en ontdek weer “Ons weet nie wat ons nie weet nie…” — behalwe as God...