Soms sê Jesus vir sy volgelinge: “Volg My.” Op ’n ander keer is die opdrag” “Bly in My.” En dan hoor ons Hom ook sê: “Gaan.”
Wat gebeur wanneer ons *nie* gaan nie? *Waarheen* moet ons gaan, en *hoe* behoort ons te gaan? Ons wil Sondag - vanuit die storie van God se opdrag aan Moses om te gaan - ’n nuwe perspektief kry op roeping. Ons denke hieroor het ’n dringende omkeer nodig, sodat ons kom en gaan nooit weer dieselfde sal wees nie!
Kan dit wees dat ons sukkel om die lewe ten volle te omhels omdat ons sukkel om ons eie sterflikheid ten volle te konfronteer?...
Ons ervaring van menslike verhoudings is waarskynlik die bron van ons grootste vreugde én seer in die lewe. Die landskap van verhoudings maak ons...
Verbeelding is ‘n waardevolle vaardigheid wat ons as mens het. Ons wil mekaar met hierdie preekreeks, Verbeel jou, uitdaag om met ‘n nuwe verbeelding...