25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse

December 25, 2025 • 00:24:05
25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse
Stellenbosch Gemeente Preke
25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse

Dec 25 2025 | 00:24:05

/

Show Notes

Geseënde Kersfees vir jou en jou mense!

Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as ’n verinnerweerde landskap en êrens op ’n heuwel staan ’n kruis met mense se smekende arms na die kruis toe uitgesteek…en dan sê die Seun vir die Vader “Let me go there.”

Mag jy hierdie Kersfees, hoe verinneweer óf geseën jou lewe ookal lyk, iets van Jesus se “Let me go there” ervaar - want die hoop, vrede, vreugde en liefde wat Hy gee kom tasbaar, menslik en naby.

In ’n gedig oor Jesus se geboorte beskryf Gerard Manley Hopkins die misterie as “God’s infinity dwindled to infancy.” God se ewigheid kwyn tot klein, tot toeganklik, tot ’n stal dat herders kan tuiskom, dit flonker as ’n ster sodat sterrekykers dit kon volg. Die ewigheid krimp tot ’n kind sodat die ewigheid in my en jou kan kom nesskrop — want Hy is Immanuel, God by ons.

Daarom wil Hy ook hierdie hoop, vrede, vreugde en liefde tasbaar toeganklik in ons en deur ons laat mens word.

Groete en vrede vir jou en jou mense
Pieter & die span

Other Episodes

Episode 2

October 23, 2022 • 01:06:00
Episode Cover

23 October 2022 || En daar was lig om te ken || Pieter Roeloffse

“God reveals Himself in Jesus, but the revelation rarely conforms to our expectations. We have such stereotyped ideas of what God does and how...

Listen

Episode

May 10, 2026 • 00:31:50
Episode Cover

10 Mei 2026 || Herken Die Opstanding Kom Tuis || Pieter Roeloffse

Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi...

Listen

Episode 2

January 29, 2023 • 00:46:44
Episode Cover

29 January 2023 || Die potensiaal van behoort || Pieter Roeloffse

“The kingdom of God is not a geographic domain with set boundaries and settled decrees, but a set of relationships in which Christ is...

Listen