Refleksie op die Oujaar - 2025
"Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde.
Wat impliseer dit vir jou reis van 2025 na 2026? Hierdie kort opname nooi jou tot ’n refleksie op hierdie vraag."
Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap:
[powerpress]
Hier is ons aan die einde van 2025. Dis regtig so bietjie van ’n déjà vu gevoel - dit voel of ons baie onlangs hier was. En tog het daar 365 dae verloop. Dis ’n geskenk om die einde van nog ’n jaar te sien. Bloot omdat ons elkeen steeds die geskenk van lewe vashou - en ons weet dis nie ’n gegewe nie.
Raak stil. Raak bewus van jou omgewing. Skuif die fokus na jouself - raak bewus van jou asemhaling.
“Deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons…”
Gebed
Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. Daar is baie oorgange in die lewe - oorgange in tyd - skooltoe, wanneer jou kind van laerskool na hoërskool oorgaan, of skool verlaat, wanneer jy aftree. Oorgange in plek - wanneer jy verhuis van een provinsie na ’n ander; oorgange in rol - bestaande werk agterlaat vir ’n nuwe een.
’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde. Dink vir ’n oomblik hieroor na: ’n Oorgang begín met ’n einde.
Dit is nogal belangrik om hierdie aspek van ’n oorgang te omhels, want wanneer jy dit - vir watter rede ookal - nie doen nie, kan jy die nuwe begin ook nie omhels nie. Dink maar aan die voorbeelde wat ek vroeër genoem het - of dalk oorgang in jou eie lewe - en oorweeg die implikasies binne elke scenario indien jy nie aanvaarding kan kry vir dít wat eindig nie. Hierdie vasgelooptheid speel homself op verskillende maniere uit en beïnvloed ons op verskillende vlakke.
Terug na die oorgang wat ons tans beleef - van die oujaar na die nuwejaar. Die oorgang na 2026 begin met ’n einde. Wat is dit wat vir jou eindig?
Ek wil jou uitnooi om die opname hier te stop, jou respons op die vrae hierbo neer te skryf, en dan daaroor te reflekteer:
Ek wil sommer ’n paar tekste deel wat dalk jou refleksie kan aanvul:
Prediker 3
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd…En dan beskryf die Prediker die sikliese aard van die lewe.
Wanneer ons rondom ons kyk, is eindes is nie noodwendig onderbrekings in God se plan nie; dit is deel van Sy ritme van genade. Dis deel van die ritme van die natuur.
Ons ontdek die organiese proses van nuwe lewe wat moontlik is omdat daar eindes is; sonsopkoms, ’n volmaan, ’n hooggety, lente, nuwe wyn. Dit vra ’n aanvaarding van hierdie ritme, en ’n omhelsing daarvan.
Soms is ’n omhelsing genoeg. Maar soms vereis die omhelsing iets groter; oorgawe.
Johannes 12
“As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit baie vrug”.
Wat is daar in die jaar wat verby is wat jy moet toelaat om in die grond te val, en te laat sterf?
Ons hou soms in ons hart - dalk ons kop of selfs ons lyf - iets aan die lewe wat eintlik bedoel is om te sterf. Ons doen dit dan ten koste van dít wat bedoel is om gebore te word. Dis nie maklik nie. Dit vra geweldig baie vertroue in God.
Hopelik help dit dat Hy beskryf word as die EEN wat is, en was, en sal kom. Hy bevestig sy teenwoordigheid in dit wat verby is, dit wat ek en jy tans ervaar, en in die dimensie van onsekerheid wat vir ons voorlê. Ons betree hierdie oorgang met vertroue.
Spiraaltrap metafoor
Mag die genade met jou wees…
We would rather be ruined than changed. We would rather die in our dread than climb the cross of the present and let our...
“The scars of the risen Lord do not only prove Jesus’ identity, however; they also constitute a model to be emulated by those whom...
Watter transformerende potensiaal het lyding op ons verhoudings?