Een van die mees verrassende ontwakings - dink ek - vir die volgelinge van Jesus, was die besef dat die prentjies wat Jesus skets van God se ideale wêreld - sy koninkryk - nie net 'n toekomstige realiteit is nie, maar een is wat nou reeds kan ervaar. Pieter het daarop uitgebrei verlede week toe Hy Jesus se stelling - Ek is die opstanding en die lewe - vir ons uitgelê het. Dis nie 'n lewe hierna nie; dis 'n soort lewe hier en nou. God se koninkryk is nie net op pad nie; dit het ook gerealiseer.
Ons is met ’n reeks besig oor gebed. Gebed is soos om twee wêrelde te verweef, een 'n lewe van stagnasies en besoedeling wat...
“Op verskeie plekke in die Bybel word daar gesê dat die Gees ons bewoon. Hoe kom ons in voeling met die Bewoner en hoe...
“If you surrender to the fear of uncertainty, life can become a set of insurance policies. Your short time on earth becomes small and...