23 Augustus 2026 || Heiligheid Om Die Tafel || Deon Botha

August 23, 2026 • 00:27:54
23 Augustus 2026 || Heiligheid Om Die Tafel || Deon Botha
Stellenbosch Gemeente Preke
23 Augustus 2026 || Heiligheid Om Die Tafel || Deon Botha

Aug 23 2026 | 00:27:54

/

Show Notes

Jesus vertel van ’n gasheer wat sê: ‘Kom, alles is gereed.’ Een van die moeilikste dinge om te aanvaar van die Christelike geloof, is dat dit nie begin by wat ons vir God doen nie, maar by dit wat God vir ons voorberei het. Ons is gaste by ‘n feesmaal. Ons moet net opdaag en dit ontvang. Jesus is die gasheer wat aan ’n tafel sit, brood neem, dank, dit breek en vir sy dissipels uitdeel. God nooi en voorsien, ons moet net ontvang.

By die Laaste Avondmaal sê Jesus vir sy dissipels dat hulle moet EET tot sy gedagtenis.

Van al die dinge wat Jesus kon kies wat hulle moes doen om Hom te onthou, kies Jesus ’n maaltyd.Hy kon vra: om iets indrukwekkends of mistiek te doen—
…om ’n berg uit te klim,
…veertig dae lank te vas, of
…een of ander buitengewone geestelike ritueel deel te neem.
Maar Hy kies een van die mees gewone menslike handelinge: eet. Hy sê die brood is sy liggaam en die wyn is sy bloed. Hy kies dit wat alledaags en eenvoudig is.

Other Episodes

Episode 3

July 07, 2024 • 00:25:50
Episode Cover

07 July 2024 || Winter | Na Binne || Deon Botha

Winter na binne, is ’n moeilike beginsel. Want ek word gestroop: Wat moet ek alles prysgee en kan ek dit bekostig / is ek...

Listen

Episode

February 08, 2026 • 00:33:32
Episode Cover

08 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Siel || André Serfontein

Siel is ’n woord wat jou hele menswees beskryf… “Soul carries with it resonance of God-created, God-sustained and God-blessed. It is our most comprehensive...

Listen

Episode

June 15, 2025 • 00:32:00
Episode Cover

15 June 2025 || Kinesis | Water || André Serfontein

Dink aan die plek wat water het in die Bybel. Ons sou so baie historiese gebeurtenisse kon opnoem - dink aan die see waardeur...

Listen