Ons betree daardie tyd van die jaar wat die son op ’n laer trajek deur die stof-verwaaide Boland sy gang gaan. Dit is in hierdie stowwerige, verlang-na-reën tyd, dat die lig meer gereeld teen ’n laer, sagter trajek ons lewens inskyn en jy aan die eenkant die stof se fladder in die lig kan sien en aan die anderkant, juis op die weerspieëling van die stof en ons stoflikheid, die lig self kan sien. Dit is vroegherfs-tyd — lydenstyd. Die tyd van bewus raak van stof en lig en ons volg die dalende lig oppad na die kruis, die donker en die nuwe dag.
“God reveals Himself in Jesus, but the revelation rarely conforms to our expectations. We have such stereotyped ideas of what God does and how...
Na die afgelope reeks saam met Spreuke begin ons nou saam met Prediker stap. André praat oor die betekenis van werk.
"...vandag staan die deurwinterde vreugde wat Jesus bring in kontras met die verskietende opflikkeringe van plesier en geluk wat ons soms soos ’n Suiderkruis...