26 Mei 2022 || ‘n Hemelvaartgedagte || Pieter Roeloffse

Episode 1 May 26, 2022 00:22:32
26 Mei 2022 || ‘n Hemelvaartgedagte || Pieter Roeloffse
Stellenbosch Gemeente Preke
26 Mei 2022 || ‘n Hemelvaartgedagte || Pieter Roeloffse

May 26 2022 | 00:22:32

/

Show Notes

Vandag is Hemelvaartdag. Dalk verlang jy na ’n vakansiedag of voel jy selfs ernstig daaroor dat dit ’n meer “heilige” dag behoort te wees. Miskien gaan Jesus se hemelvaart juis nie oor ’n eenkantg hemelse heilige godsdienstigheid nie maar oor ’n alledaagse aardse leef onder die uitspansel van Sy oral-is-nou-heilige-grond.

Wanneer die eerste volgelinge van Jesus verstar na die hemel staar moet die engel hulle die berg af help na hul alledaagse, na die lewe. Die hemelvaart is nie iets waarna ons behoort te kyk nie maar ’n lens waardeur ons na álles kyk “Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 Kor 4:18

Mag jy alles wat jy vandag sien en beleef deur die uitspansel van Jesus se heerskappy sien. Mag niemand Sr. Oliver Holmes se beskuldiging oor jou maak nie “Some people are so heavenly minded that they are of no earthly good.” Mag hulle eerder C.S Lewis se woorde ook oor jou dink:
“If you read history you will find that the Christians who did most for the present world were just those who thought most of the next.”

Other Episodes

Episode 5

November 21, 2021 00:58:07
Episode Cover

14 November 2021 || Wondertekens - Storm || Pieter Roeloffse

Johannes kies en rangskik net sewe van Jesus se sowat 30 wonderwerke. Hy noem dit wonder-tekens. Wonderwerke is tekens wat ’n nuwe realiteit aankondig....

Listen

Episode 5

March 05, 2023 00:49:10
Episode Cover

05 March 2023 || Grond - Waarom Waarheen || Pieter Roeloffse

Oor die eeue sien ons die spore van God se beweging. Soms baie duidelik, soos broodkrummels langs die pad. Soms is dit ‘n botsing,...

Listen

Episode 3

October 31, 2021 00:56:29
Episode Cover

31 Oktober 2021 || Wondertekens - Persoonlik || Pieter Roeloffse

Wat wil God in ons wyk en dorp en land en wêreld heel maak? Jesus sê  “God werk tot nou toe en die Seun...

Listen