Kan dit wees dat ons sukkel om die lewe ten volle te omhels omdat ons sukkel om ons eie sterflikheid ten volle te konfronteer?
Hierdie onvermoë sal ook daartoe lei dat ons ons geliefdes te sterflikheid wil vermy, en dit selfs vrees. Ons eie mortaliteit is nie ’n maklike realiteit om te konfronteer nie. Dit mag dalk vir jou voel of dit kan lei tot minder lewensvreugde. Maar die wysheid van die eeue - en van ons geloofstradisie - wys die teendeel. Die omhelsing van jou eie sterflikheid kan ’n geskenk wees wat waarde en diepte voeg tot jou lewens, en lei tot meer betekenis. - André
"We cherish things precisely because they cannot last; it’s their frailty that adds sweetness to their beauty". - Pico Iyer
Alle aardse dinge - werk, besittings, rykdom, sisteme - staan in diens van die lewe. Gee dit lewe... Die aardse ís belangrik, matter matters,...
Dis my Vader wat my daaglikse, fisiese brood aan my besorg. Elke bord kos. My werk-brood kom van Hom af; en my mens-brood; my...
"Hierdie is 'n seisoen wat elkeen raak. Selfs al vier jy nie Kersfees nie, gaan Kersfees jou vind! Op sosiale media, in die Kersfees-specials...