’n Duisend stemme skreeu soos markplein-verkopers vir ons aandag. Die nuutste guru’s vertel ons hoe ons moet dink. Sosiale media vertel ons waarvoor ons moet omgee. Christelike boeke belowe die vyf stappe na geestelike groei. Invloedryke Christelike stemme verduidelik wat "ware Christenskap" nou eintlik is. Politieke stemme vertel ons hoe die Koninkryk behoort te lyk.
Elke dag ontvang ons meer inligting as wat vorige generasies in maande ontvang het. En êrens onder al hierdie geraas skarrel ons na: “Waaroor gaan die Christelike geloof nou eintlik?”
Miskien is die grootste uitdaging van ons tyd nie ongeloof nie - maar afleiding/distraction. Nie omdat ons Christus verwerp het nie, maar omdat ons aandag gefragmenteer geraak het.
Spreuke stel Wysheid voor as 'n jong vrou. Hierdie vrou is oortuig dat wysheid soos 'n onsigbare krag is wat verweef is met die...
Nadat ons kon terugkyk op ‘n jaar wat verby is wil ons ons uitstrek na wat voor ons lê, ‘n nuwe jaar met nuwe...
Winter na binne, is ’n moeilike beginsel. Want ek word gestroop: Wat moet ek alles prysgee en kan ek dit bekostig / is ek...