’n Duisend stemme skreeu soos markplein-verkopers vir ons aandag. Die nuutste guru’s vertel ons hoe ons moet dink. Sosiale media vertel ons waarvoor ons moet omgee. Christelike boeke belowe die vyf stappe na geestelike groei. Invloedryke Christelike stemme verduidelik wat "ware Christenskap" nou eintlik is. Politieke stemme vertel ons hoe die Koninkryk behoort te lyk.
Elke dag ontvang ons meer inligting as wat vorige generasies in maande ontvang het. En êrens onder al hierdie geraas skarrel ons na: “Waaroor gaan die Christelike geloof nou eintlik?”
Miskien is die grootste uitdaging van ons tyd nie ongeloof nie - maar afleiding/distraction. Nie omdat ons Christus verwerp het nie, maar omdat ons aandag gefragmenteer geraak het.
Wat is, wat die lewe betref, die mees basiese ononderhandelbare iets wat jy glo die lewe betekenisvol maak?
In die lig van vreugde
"Vir dié van julle wat die reeks gevolg het sal weet dat ons probeer het om te ontwaak vir die geskenk, maar ook die...