Soms voel dit met goeie rede of daar ’n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar ’n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis ’n eeu-oue patroon.
In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In Eks 33 pleit Moses dat die Here saam met hulle deur die woestyn moet gaan en hulle nie moet los nie.
Hy sê in :16 “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”
Kom onthou Sondag langs die kontoerlyn van die Nagmaaltafel dat God en Sy lewegewende weg anders is en kom laat toe dat die Gees jou tot hierdie anders-wees beweeg.
“Ek wonder oor wat het jou beweeg om te trou…wat het jou beweeg om die werk te doen wat jy doen, of deel te...
Kom luister saam na die derde preek in ons Advent reeks saam met André Serfontein.
Die fisiese dienste rus vir twee Sondae gedurende die wintervakansie. Fisiese dienste begin Sondag, 16 Julie! Kyk gerus hier saam na vandag se refleksie...