"Hoe word my denke, gedagtes, verstand transformeer in die lig van die opstanding? Interessante tema omdat baie mense, juis op grond van rede en logika en verstand, beweer dat Jesus se opstanding nooit gebeur het nie. Hoe maak dit sin? Niemand kan tog uit die dood opstaan nie?
So as die opstanding dan waar is, waarheid is - is die groot gevaar dat ons dink dit ’n waarheid is wat 2000 jaar gelede gebeur het waarna ons nou net staan en toekyk soos toeskouers. Dit is krities om te verstaan dat die opstanding nie iets is wat gebeur hét nie, maar steeds gebeur."
- Deon Botha
Kom luister saam na die tweede preek in ons Advent reeks saam met Deon Botha
Hier aan die begin van die jaar waar die lewe soos ’n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting...
“Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Lukas 1:38