Here God, Skepper van alles wat goed en mooi is. Herinner ons vandag weer aan ons menslikheid. Ons staan nie net verwonderd oor alles wat U geskep het nie, ons word ook genooi word om deel te neem aan die herskeppingsproses, en daarmee saam ontvang ons die gawe van Sabbat – om te stop, te rus, en om ons te verlustig in U. Maak ons harte oop om nie net U opdragte te hoor nie, maar die goedheid daarin raak te sien en te ervaar. Herstel weer ons vreugde, O Heer. Amen.
Waar begin jou storie met die Heilige Gees? Genesis 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal...
Jesus het opgestaan. Hoe leef ons 'n opstandingslewe as 'n nuwe toekoms nou gerealiseer het? Pieter gesels vandag met ons hieroor in die nuwe...
"...vandag staan die deurwinterde vreugde wat Jesus bring in kontras met die verskietende opflikkeringe van plesier en geluk wat ons soms soos ’n Suiderkruis...