13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein

Episode 4 August 13, 2023 00:33:06
13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein
Stellenbosch Gemeente Preke
13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein

Aug 13 2023 | 00:33:06

/

Show Notes

Jesus leer sy volgelinge oor God se Koninkryk (sy toekomsideaal) en sê vir hulle dit gaan só: “Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie.”Daar is duidelik iets aan die gebeur op die landskap van die alledaagse waarvan ons nie aldag bewus is nie.
Waarmee is God besig?
Hoe raak ons daarvan bewus?
Waarom sal ons in voeling wil kom met hierdie beweging van God?
Ek hoop ons kan môre saam verwonderd raak oor God se verbintenis tot die wêreld - en ons elkeen - se transformasie.

— — — — — —

Vrae

Verbeel jou jy is die iemand in die gelykenis… Hoe kan jy van God se teenwoordigheid bewus raak?
- Op watter gewone landskap sukkel jy om God se teenwoordigheid te herken?
- Wat kan jy doen om die kapasiteit te bou om God te herken?
- Watter tekens is daar op hierdie landskap van sy teenwoordigheid?

———

Hoe kan jy deelneem an God se beweging?
- Watter random acts of kindness kan jy daar doen?
- Watter aanduidings is daar dat God reeds teenwoordig is?
- Watter saad kan jy help oes? Vir watter aksie/respons vra dit?

———

Verbeel jou jy is die saad in die gelykenis…
- Glo jy dat jy nog in wording is?
- Glo jy dat dit die werk van God (se Gees) in jou is?
- Tot watter mate probeer jy dit self doen? Watter poging moet jy prysgee (oorgee)?
- Hoe kan jy meer bewus raak van God se beweging in jou?
- Watter vorming begeer jy? Vir watter gebed vra dit?
- Hoe lyk ’n gepaste respons op God se beweging in jou lewe?

———

Hoe raak ons verwonderd oor die oortuiging dat God se Koninkryk soos hierdie gelykenis is?

Other Episodes

Episode 7

July 16, 2023 00:37:44
Episode Cover

16 Julie 2023 || Abstrak | Skenk || Deon Botha

Vandag kom die reeks, ABSTRAK, oor die Heilige Gees tot ’n einde. Wanneer ek en jy toelaat dat ons gedagtes en optrede deur die...

Listen

Episode 1

October 13, 2024 00:37:38
Episode Cover

13 Oktober 2024 || God Is... | Meer || André Serfontein

Dis my Vader wat my daaglikse, fisiese brood aan my besorg. Elke bord kos. My werk-brood kom van Hom af; en my mens-brood; my...

Listen

Episode 4

April 28, 2024 00:43:25
Episode Cover

28 April 2024 || In die lig | Liggaam || André Serfontein

“The Word become flesh and blood, and moved into the neighbourhood. We saw the glory with our own eyes, the one-of-a-kind glory, like Father,...

Listen