13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein

Episode 4 August 13, 2023 00:33:06
13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein
Stellenbosch Gemeente Preke
13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein

Aug 13 2023 | 00:33:06

/

Show Notes

Jesus leer sy volgelinge oor God se Koninkryk (sy toekomsideaal) en sê vir hulle dit gaan só: “Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie.”Daar is duidelik iets aan die gebeur op die landskap van die alledaagse waarvan ons nie aldag bewus is nie.
Waarmee is God besig?
Hoe raak ons daarvan bewus?
Waarom sal ons in voeling wil kom met hierdie beweging van God?
Ek hoop ons kan môre saam verwonderd raak oor God se verbintenis tot die wêreld - en ons elkeen - se transformasie.

— — — — — —

Vrae

Verbeel jou jy is die iemand in die gelykenis… Hoe kan jy van God se teenwoordigheid bewus raak?
- Op watter gewone landskap sukkel jy om God se teenwoordigheid te herken?
- Wat kan jy doen om die kapasiteit te bou om God te herken?
- Watter tekens is daar op hierdie landskap van sy teenwoordigheid?

———

Hoe kan jy deelneem an God se beweging?
- Watter random acts of kindness kan jy daar doen?
- Watter aanduidings is daar dat God reeds teenwoordig is?
- Watter saad kan jy help oes? Vir watter aksie/respons vra dit?

———

Verbeel jou jy is die saad in die gelykenis…
- Glo jy dat jy nog in wording is?
- Glo jy dat dit die werk van God (se Gees) in jou is?
- Tot watter mate probeer jy dit self doen? Watter poging moet jy prysgee (oorgee)?
- Hoe kan jy meer bewus raak van God se beweging in jou?
- Watter vorming begeer jy? Vir watter gebed vra dit?
- Hoe lyk ’n gepaste respons op God se beweging in jou lewe?

———

Hoe raak ons verwonderd oor die oortuiging dat God se Koninkryk soos hierdie gelykenis is?

Other Episodes

Episode 1

April 07, 2024 00:41:31
Episode Cover

07 April 2024 || In die lig van die opstanding || Pieter Roeloffse

In ons vorige reeks “…oor stof en lig” het ons in die stofdeeltjies van ons lewe na die ligbane van Jesus as die weg...

Listen

Episode

March 09, 2025 00:37:44
Episode Cover

09 Maart 2025 || Verbeelding | Kindwees || Pieter Roeloffse

“For me, reason is the natural organ of truth; but imagination is the organ of meaning. Imagination, producing new metaphors or revivifying old, is...

Listen

Episode

January 12, 2025 00:34:46
Episode Cover

12 Januarie 2025 || Onverwags || Deon Botha

Die laaste twee Sondae het Pieter eers help terugkyk en André het ons weer aangemoedig om ’n verbeelding te kry vir ’n toekoms wat...

Listen