Die storie van Josef is ’n voorloper tot die storie van Jesus. Dit vertel van ’n Vader wat verbind is daartoe om Josef se storie te verweef met ’n veel groter narratief: om lewe te skep uit dood.
Ons deelname vra vir die geloof en vertroue dat dít God se hart is vir ons ook; dat dít is wat Hy steeds doen. Hy is die tipe outeur wat elke hoofstuk van ons lewens wil verweef tot ’n storie wat lewegend is. Ek dink dis die konteks waarbinne ons Jesus se woorde in Joh 10 moet verstaan: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
- André
Een van die mees verrassende ontwakings - dink ek - vir die volgelinge van Jesus, was die besef dat die prentjies wat Jesus skets...
Ons gee vandag ‘n volgende tree op die spoor van die Gees se beweging in die boek Handelinge. Wanneer jy jou Bybel sou oopmaak...
Vreugde is iets wat ons onmiddellik assosieer met ’n glimlag, vriende, blydskap, plesier, pret - maar niemand kan permanent vrolik wees nie. Die goeie...