"Enige iets wat ’n mens op 8 Januarie kwytraak loop die gevaar om ’n cliché te wees. Maar wanneer iets lyk en klink soos ’n cliché - ’n herhalende gedagte - dan ís dit sekerlik een.
Daar is ’n herhalende karakter aan die lewe. Ons herken dit in die ritme van die skepping - dag en nag, die seisoene, die wind in die Kaap in die somer, die reën in die winter. Die gebeurtenisse op ons kalenders wat homself herhaal - soos Kersfees, Oujaar, Nuwejaar.
Ons hele lewe lyk nie so nie - daar is ook iets lineêr aan ons lewens. Ons word net een keer 20, of 50, of 70. Ons kan die tydlyn van ons lewens nie terugdraai nie - ons lewe het ’n begin en ’n einde. Maar daar is ’n sikliese karakter aan ons lewens wat ’n baie groot deel uitmaak van ons ervaring.
Ek hoop dit was vir jou ’n goeie ervaring. En indien nie, hoop ek dat die perspektief wat ons vandag gaan oorweeg jou help met die spiraaltrap van jou lewe."
- André
“Suffering is not evidence of God’s absence, but of God’s presence. And it is in our acceptance of it, our participation in it, that...
Josh Garrels sing “Turn your eyes upon Jesus” en dit klink vandag so sielvol reg, maar dit klink ook, wanneer jy dalk ’n oomblik...
Dis ons hoop dat jy in hierdie reeks ’n manier van kyk en ’n manier van luister ontwikkel, wat ons in staat stel om...